Testimonials

Home/Testimonials
Testimonials 2017-04-18T14:21:51+00:00

Baie dankie vir al die hulp, goeie diens en empatie wat ons ontvang het met die heengaan van my man en ons pappa.

Gerard en Mariana

Baie dankie vir die wonderlike diens, met soveel empatie en respek vir ons wat agterbly.

Die Johanssen familie

Well, what can I say: Have heard wonderful things about your service – so sorry I didn’t use you for my dear Gran’s funeral! Went to Doves in Edenvale – awful service, no empathy, I almost told them what to do. Have come into your office to get information for a plague – what a breath of fresh air! So friendly

Audrey van Vuuren

Dankie, vir julle diens. Dit was verblydend om met mense soos julle te werk.

Elise Pretorius

Die simpatieke en professionele manier waarop julle my deur baie moeilike omstandighede gehelp en gelei sal altyd by my bly. Dit was ‘n vertroosting en een van baie genades. Dankie, vir almal van julle.

Leone Lindeque

Baie dankie vir die wonderlike manier waarop julle ons as familie ondersteun en gehelp het. Dankie vir Rudi se professionele manier van die hantering van die begrafnisdiens. Ook dankie aan Soekie vir die reëlings en vriendelikheid. God Bless.

Marlene Lombard

‘n Opregte Groot Dankie, vir die uiters professionele, simpatieke optrede en liefde wat ons van julle ontvang het met die reëlings vir Dave se Roudiens. Dave sou gesê het: “Well done my klein Vroutjie, ek is tevrede”. Vir Sanette in die besonder… jy is ‘n wonderlike persoon met baie deernis en simpatie en het ons tuis laat voel van die eerste oomblik af. Ek sal julle ten alle tye aanbeveel.

Kitty, Dave en Andre Malherbe

Vreeslik baie, baie dankie vir die wonderlike diens wat julle aan ons gelewer het. Julle het soveel meer gedoen as wat ons verwag het. Baie dankie veral aan Sanette vir haar uiters professionele hulp.

Erna van Greunen

Baie dankie vir julle wonderlike diens, ondersteuning en vriendelikheid. As dit nie vir julle was nie, het ons hierdie dood van ons ma en pa baie moeiliker gehanteer. Dit was ‘n voorreg om so van hulle te kon afskeid neem. Mag die Here julle altyd bystaan om hierdie wonderlike taak te verrig.

Bets en Jan Maritz se Familie

Baie dankie vir al julle hulp en vriendelikheid. Dankie, dat julle ons gehelp het om baie moeilike taak maklik te maak. Dit was vir ons ‘n voorreg om van ons pa afskeid te neem met julle professionele diens.

Familie Mnr. Thys Heyns.

Alles was puik gereël en gedoen. Baie dankie

Anoniem

Ons as ‘n familie kan nie genoeg dankie sê vir die manier hoe julle my pa se begrafnis gereël het nie. Dankie, vir die empatie en liefde. Dankie, vir die professionele manier hoe julle dit gedoen het. Seënwense.

Die Kuhn Familie, Van den Bergh Familie en Strijdom

Baie dankie vir uitstekende diens. Die begrafnis het amper soos ‘n troue gevoel! (Net jammer daar was toe nie ‘n bruid nie) As daar weer begrafnisreëlings moet kom, sal ek baie beslis weer van julle diens gebruik maak. Die meelewing en entoesiasme oor klein en groot dinge wat julle getoon het, het my beïndruk.

Catherine Cori

Vandat ek hier ingestap het, was ek bewus van opregte meegevoel en liefde. Baie dankie vir jou toewyding en uitstekende diens wat jy aan ons, as familie, bewys het. Sanette, jy was vir my so ingelig en kundig. Ek voel sulke waardevolle diens het al die reëlings so effektief gedoen. ‘n Dankbare

Gerda Odendaal

2 Begrafnisse, 2 Keer dubbele ‘blessings’. In sulke hartseer omstandighede, die bystand, emosioneel en daardie ekstra myl. Julle was ongelooflik. Baie dankie vir julle ondersteuning. Julle is verseker geseënd. Liefde

Iris en Magiel Bezuidenhout

Baie dankie vir julle omgee en wonderlike wyse waarop julle ‘n baie hartseer tyd soveel makliker maak. Julle het vir Oupa en Pa Thinus baie mooi versorg. Vrede en seën vir julle almal.

Anoniem
Dankie, vir ‘n baie professionele hantering van ons groot hartseer. Groete,
Bertha Joubert en familie
Baie dankie vir die ondersteuning en bystand tydens ‘n hartseer tyd in ons lewe. Julle het deurgaans uiters professionele diens gelewer. Die begrafnis was spesiaal, en dit versterk ons mooi herinneringe aan Ma Isabel Botes.
Minnie en die Botes familie
Hi Jeanne

Baie, baie dankie vir julle puik diens wat julle lewer- dit is voorwaar vir die families wat agterbly ‘n riem onder die hart.

En baie dankie dat Tertius die ondernemer was! Sy pa, pastoor van Jaarsveld het my ma en pa getrou, en as jongmense was hulle saam in die gemeente.

Dis nou regtig ‘n uitgeplaveide roete wat Moeder gehad het dat Tertius haar op haar laaste rit moes neem, hy het ook die mooiste woorde oor haar gesê.

Julle is voorwaar tops.

Liefde.

Linda
I am so proud of our new staff member, Diné, who received such a lovely compliment after her first day of Funeral Planning:
“Dear Sonja
Please convey our sincere thanks to all of your staff who were involved in making the necessary arrangements for our mother’s funeral. The set-up at the graveside was also amazing.
Thank you so much, and we can certainly recommend your services to others as a very kind touch in a difficult time.

Very sincerely,

Elvin Hartley (on behalf of my three sisters).
Hi Jeanne,
The past few weeks have been traumatic for the family. Having to work through the details for the funeral arrangements was not easy – to say the least. The well organised and professional approach that we encountered during the meetings at your office in Moreleta Park and the viewing at your Centurion facility made the experience a lot easier to deal with.
The family wishes to express our sincere gratitude to you and your team for the excellent way in which you all performed. The programme and canvas also exceeded our expectations. Please extend our thanks and appreciation for a job well done to the lady who did the artwork and programme layout.
I would like to the collect the extra copies of the programme and settle the account. It would be appreciated if you would forward me the outstanding invoices and statement. Please advise when it will be convenient to meet with me to finalise the matter. I would also like to discuss the cremation.

Best regards,

Manuel da Ponte
Dear Louis
By way of introduction, my name is Lindi-Sue and I would like to compliment you on your Company’s proficiency – in particular one of you staff members, Lee-Ann.
My Mom, Annie, recently passed away and your Company came highly recommended by a Doctor friend from Unitas and his Mom. They had used your Company previously.
From the first phone call I made until today (and we are still dealing with Lee-Ann), the service my Dad and I have received has been nothing short of amazing. Lee-Ann is the most genuine, empathetic, obliging (to name but a few) people we have ever met in a business environment. The way Lee-Ann has dealt with us during this very sad and difficult time has been so comforting – she is a true professional and an asset to Sonja Smith. Her values go beyond the call of duty.
Please pass on our sincere thanks and appreciation to Lee-Ann, Eugene and all your staff.
Warmest regards,
Lindi-Sue
I would like to say thank you for all you did before and on Friday and affirm you in your ministry as you care for the bereaved. Your special touches did not go unnoticed and we really appreciated that you ensured that everything was more than sorted for Louise & family on Friday so they could focus on saying goodbye to Fanie. Sadly I went to another funeral about two weeks ago where it was a completely different story and I noticed the added stress it gave that family, so thank you for being a breath of fresh air amidst the pain of death. Blessings as you continue to serve God and the bereaved,
Mandy Hain - Senior Analyst
Good afternoon

Although I am absolutely devastated at the recent events that have completely turned my world upside down, you have no idea how much your help and support meant to me and my girls.

I cannot express how special John’s funeral was last Friday and I really think if we’d had the time to talk about it, it’s exactly what he would have planned himself.

Sonja – suggesting the evening funeral just started the ball rolling and everything fell into place after that. I know it wasn’t traditional by any means, but you and Jeanne understood all my wishes down to just wanting flowers in a vase.

Thank you all from the bottom of my heart.

With love.

Linda Lyons
Beste Sanette,

Dankie vir jou en die Sonja Smith Begrafnisgroep vir julle hoogs professionele diens om die pad weereens met ons te stap.

Met dank.

Dr. Willem Jorissen

Baie dankie, dit was ‘n ongelooflike spesiale ervaring wat ons gehad het met Sonja Smith begrafnis groep. Julle het dit soveel makliker gemaak. Uit my hart uit tannie, baie baie dankie.

Yolandi, Elizma en Deon.

SSFG: Baie dankie vir jul professionele diens. Julle personeel het soveel deernis en empatie. Ons sal julle altyd aanbeveel.

PJ

I thank you all, the process was exceptional. Love you.

J van den Berg

Baie dankie vir wat julle vir ons beteken het in hierdie moeilike tyd. Ons hoef amper net opgedaag het. Julle respek, deernis en ondersteuning is van ontelbare waarde. Dankie, vir die bystand.

Phyffer / Grobler familie.

Weereens het julle ons bygestaan in ‘n ondenkbare tyd. Mens wil nie hierdie goeddoen nie, maar van een ding is ons almal seker. Ons gaan doodgaan. Baie dankie vir die sorg en grasie waarmee julle ons bygestaan het. Tot Weersiens

Beatrix Henzen