Branch Locator

- Est 2006 -

FUNERALS WITH CARE, COMPASSION AND DIGNITY

Benoni Office

11 Kei Road, Farrarmere, Benoni, 0501

Tel: 010 013 0500

Cell: 072 210 3614

All Hours

benoni@ssfg.co.za

Renier en Anso Snyman, 2 gewone mense met harte van goud. Ons is 10 jaar getroud met 2 pragtige kinders, Monique (9) en Heinrich (6).

(Ek) Renier werk nou net so bietjie meer as 4 jaar by Sonja Smith Funeral Group en dit is hier waar ek weer tot die besef gekom het dat ons almal eendag gaan sterf. Alhoewel ons almal dit weet, lewe ons asof ons vir ewig gaan lewe. Om die dood in die oë te kyk is angswekkend, nie net omdat ons alles waarvoor en almal vir wie ons lief het moet agterlaat, maar ook vir die onbekende wat wag.

Met die onverwagte afsterwe van my moeder in ’n fratsongeluk, het ek geweet hierdie is die industrie waarin ek moet wees. My werk het begin as ’n ‘Mortician’ by Sonja Smith Funeral Group in 2015. Ek het elke dag fisies met die dood gewerk. Die harde werklikheid, maar in hierdie werklikheid, het ek my werklike roeping gevind, want waar daar ’n sterfte is, bly lewens agter – die familie van die oorledene. Dit is my roeping om hulle wat agterbly by te staan in die tyd van dood. Ek weet ek kan nie die pyn weg vat nie, maar ek kan dit vir die familie makliker maak deur te help met die nodige reëlings in hulle tyd van rou.

Ek het eenmaal gelees: Ons almal weet ons gaan sterf, maar niemand glo dit nie, want as ons dit geglo het sou ons dinge anders gedoen het en as ons geglo het dat ons eendag doodgaan, dan sou ons baie meer betrokke by elke dag gewees het . ’n Mens moet leer om te sterf deur doelgerig, intens en dringend te leef en wanneer jy dit bemeester het, het jy ook geleer om te leef .

Almal wat ek versorg het, is iemand se iemand. Dit is liefde.
Renier