Branch Locator

- Est 2006 -

FUNERALS WITH CARE, COMPASSION AND DIGNITY

Mayville Office

271 Fred Nicholson St,

Les Marais,

0084

Tel: 012 000 5126

Cell: 062 852 6939 (All Hours)

Niks in die lewe is doelloos nie.
Ons verstaan nie altyd dadelik ……of daarna …. of ooit nie
maar ons dink en ons voel
en daarom is niks doelloos nie.

My pad het ‘n paar jaar gelede met die van Sonja gekruis terwyl ons albei op Hospice – Centurion se Raad gedien het.
In die jare tussenin het sy my 2 keer gevra of ek nie belang sal stel om ‘n Fanchise te koop nie. – Niks in die lewe is doelloos nie.

Ek besit tans die nuutste Franchise in die Groep en het teruggekom na die area waarin ek al my skooljare deurgebring het.
Hier waar ek geleer het wie ek is, en nie is nie en hier waar ek myself weer herontdek en ontdek.

Ek is ‘n gekwalifiseerde Prokureur, maar in híerdie roeping van my menswees, vind ek vervulling om na mense in hulle oomblik van diepste seer te kan luister, ook na dit wat nie gesê word nie.

Om die pad na die laaste afskeid, se klippe te probeer wegrol en die seer te probeer versag deur te help om die herinneringe van ‘n lewe te vier…
Dis wie ek is.